
Images
Dawid smag na ‘n bevestiging van God se guns, die soet water van die put in Bethlehem wat onder beleg van die vyand was.
Dawid se krygsmanne Saturday, 19 September 2020 16:35
2 Samuel 23:13–17
Dawid sit in sy grot en wonder :”Hoe Sal ek ooit weer…?”
Hy verwoord sy hoop met : “..soet water uit die put in die poort van Bethlehem drink”
Sy drie dapper krygers breek deur vyandige linies, maak ‘n lamsak vol water en breek terug om dit na Dawid te vat.
Daar was ander water in die omgewing,
Dawid wou weer in Bethlehem wees om uit die put daar te drink, die vyand verjaag en uit sy eie put se soet water drink.
Sy manne wys hom, ons kan wen, sal wen.
Dis God se teken van Sy guns vir Dawid.
So breek ons hier deur die linies, sien Sy guns gestalte kry, pak die kleertjies uit en maak reg om weer aan’t oefen te gaan want Hy het die stukkende goed heel gemaak.
Ons drink van die Bethlehem put se water.
Dawid se krygers
We sometimes long for a demonstration of the favor of God.
David felt lonely and foresaken, he needed a sign, for our sakes too…
Verleë Viljee
Gedurende die week trek amps, hoe nader aan Vrydag, hoe meer.
Andrew Murray deel Mark 5:36 “Moenie bang wees nie glo net” en Heb 13:5 kom van Oswald Chambers af. “Ek sal jou nooit alleen los nie.”
My broek bewe steeds, my gemoed stotter.
Terwyl ons werk gebeur die wonderwerke, los almal uiteindelik biki verleë.
Later gaan ek na die Here toe, met ‘n vuisvol persentjie styf agter my rug toegeknyp.
Wil Hom verras met ‘n spesiale dankie.
Ek bars opgewonde in dankbaarheid uit:”Dankie, baie dankie dat U kom wys het van die onmoontlike, van glo….”
My hande strek uit om die vasgeklemde handvol geskenkie te gee.
My vingers gaan oop, maar tot my teleusrstelling is my hande leeg, dolleeg.
So graag ek wat ek wou het ek niks om te bied nie, nie eers iets nie.
Hy glimlag en vou my hande in Syne toe.
Ek besef dis OK, Hy IS die volmaakte presentjie wat ek sou wou gee.

Verleë Viljee
Whatever the gift to God you have hidden in your hand, it remains worthless if it does not contain God himself.
Dusseldorf 2007
Moses is ‘n ducktail
Moses wat jy nou sien sal jy nie beleef nie?
Vanaand sit ek in die fancy Restaurant Minuette en eet Oxtail en Sweet Meat.
Tussendeur speel mooi klaviermusiek in die kroeg langsaan.
Miskien van moeg, dalk van voetseer, dalk sommer net, skiet trane in my oë op.
Is dìt my swanesang, het Hy my laat kom om te wys….
Lees dit saam met die drome, diè waarvan jy die agterkant al sien
En ander wat soos die weerkaatsing van ‘n spieël in ‘n spieël in die ewigheid verdwyn.
Drome wat kwalik ooit verwesenlik kan word.
Sit ‘n knypie uit vergange dae se memories daarby,
is dit dalk hoekom die trane opwel?
Is dit omdat jy weet dit sal dalk nie meer wees nie?
Of is dit sommer tog die Moses fenomeen wat jou pla,
dat Moses, soos Kiewiet, tog ook maar net ‘n ducktail is.
Moses is ‘n Ducktail
K 2007 Dusseldorf, looking ahead,realizing, like Moses, it may well be that one may see, but not experience the future.
Zurich 2006
Volmaakte plek, volmaakte mense val dit my op.
Ek skryf:
Die mooiste wese
Sekond na sekond gaan
hulle hier verby,
replikas vir hom,
die mooiste wese
naas God voorberei.
As dit só is, hoe
sal ons ooit Sy kinders
onderskei?
Ommekeer
Sirenes blêr en mense dwaal.
Almal drentel in ‘n rigting aan.
Wat sal dit verg, Here, hul te bring tot verhaal
Of moet alles eers vergaan?
Mense
A perfect place, perfect people, how would they ever admit that they need a relationship with a higher being? I realized that only drastic intervention, a shake up of radical proportion, would get noticed. Covid 19 managed to do that