Verse

Die wraak van Apis melifera

Apis melifera , Vaal Marina se sinklêvi en Andries se kierangs.

So tydjie gelede trek daar ‘n tornado deur Vaal Marina op die oewer van die Vaaldam.

Alles wat los, onvas  of swak is waai weg, heelemaal weg.

Die tornado waai so skuins van voor af om en oor en ek dink dalk selfs onderdeur die huis.

Aangepak saam met my maat uit Nasaret, blaas wolf so al hy kan, maar kry net bome omgewaai.

Buite staan ‘n sink lêvi langs ‘n olyfboom, hy roer eers nie.

Ongelukkig trek die olyfboom wortels uit die grond en kantel ewe kordaat om, bo-op die sink lêvi.

Die lêvi frommel op soos ‘n jas wat van ‘n coat hanger af val en bly daar lê.

Na my vroeëre wedergeboorte, waag ek dit onlangs eers weer by die dam-huisie.

My moer raak suur oor Andries afskeep met die netjieshou van die plek.

Dit warrel in my kop oor hoe ek hom ‘n streep kan trek, sy kierrangs kan laat braai.

Soos ek rondskrop om orde te probeer skep, betoon ek eerbied aan die brawe lêvie, steeds opgefrommel opsy regtersy op die grond, onner die olyfboom.

So skuif ek olyfboom se nuwe loot eenkant toe om lêvi in die pot te kyk en gewaar ‘n bedrywigheid.

Apis melifera het ‘n heuningfabriek in die drom langs die lêvi begin, met eerbiedigheid en al blaas ek versigtig die aftog.

Bye en ekke kom lang pad saam, deur Potch, Mamitwaskop, Bosbokrand se plasie by Giyani verby tot op die vierde die vierdeverdieping Tukkie Entomolklas.

Ek wonner nie, ek weet, ’n by raak moerig as hy sweet ruik, veral ou sweet, daai bitter soort.

Die booswig in my begin ‘n plan sien, kry Andries tussen my en die bye, hoop hy ruik sterker as ek en laat moeder natuur wraak neem.

Terwyl die goed nog in my kop ronddraai en ons in die huis werskaf, onderbreek ‘n onaardse gil my gruweldenke. “Hulle’t my geslat”: skreeu Andries.

Die oordeel word my ontneem, Andries se geknoei word gewreek.

Hy raak paniekerig en hol huis-in, reguit na my toe. Hy klap, klap op sy kop en jive die pansula.

Die kop lyk soos ‘n popcorn masjien, dis net wriemelende bye waar jy kyk.

Andrie se kroeshare is langer as die bye se agterlywe, hulle kom nie by om hom te steek nie.

Dit maak hulle nog meer die moer in, maar sonder sukses. Hulle bewe van kwaadgeit en roep versterkings in.

‘n Paar plant ritse angels op Andries se twee oortjies, wat langs die kroesies langs loop, dat dit lyk soos “piercings”op Goth’s se ore.

Noodgedwonge spoel Andries se wraak oor na die wraakgierige toe.

‘n Kaalkop sonder kroese loop makliker deur.

Mammatjie spuit Doom Andries gil en die kierangs braai.

Dik van die lag krap ek met ‘n kombuismes angels op Andries se ore uit en woel die bye op sy kop uit die kroesstrik uit. Soos ek op sy wange uitkrap, pluk ek hier en daar ‘n grys baardstoppel saam, maar dis in vergelyking met die polsende angels pynloos.

Mammatjie krap my angels en smeer Covid sanitiser op ons albei, Andries en die collateral damaged kop  en ek besef met genoegdoening, die wraak is my gespaar, die klits of twee is my vryspraak, want ; “hulle het my ok geslat Andries, kyk hier”.

Standard
Zurich 2006
Illustrated, Verse

Lady America

Image
Verse

Sonder woorde April 2013

Sonder woorde April 2013

16 April 2013

12:40

Cornay Brits kom nou een oggend onaangekondig hier by my aan.

Na handewas en gemmerkoekies afsluk met ‘n glas aanmaakkoeldrank, trek hy los:

Die lewe is rof, hy self trek baie swaar die laaste tyd, veral met sy dogter se dood.

As dit nie virrie Here was nie, sou hy doodgegaan het van hartseer.

Hy’s nou stoksiel alleen, sy vrou is mos ook dood in 1994 in ‘n motorongeluk.

“Waar was jou dogter inni hospitaal?”

Sy was in Baragwanath sê hy, mos ‘n breingewas gehad, herinner hy my. Het met taxis gery om te gaan kuier.

Ek het nie woorde nie, daai hartseer het nie salf nie, beduie ek.

20 minute het seker verloop toe ek opstaan om nog koeldrank te gaan skink.

Teruggekom, kry ek Cornay onbedaarlik aan’t huile. Ek kyk hom saamhartseer met tranerige oë aan.

Hy trek ‘n pen uit sy hempsak en vra skryfpapier.

Hy skryf:”Ek wil nie hier sit en oom ongelukkig maak nie, maar dit help somtyds om met iemand te praat”

Cornay skryf, want hys doofstom.

Ons deel vir 20 minute woordeloos mekaar se seer en vertroosting.

In teenwoordigheid van die Gees is woorde nie nodig nie, Elohim praat sonder mond en hoor sonder ore.

Sent from Mail for Windows 10

Standard
Verse

Hoop/Hoop

Hope

Keep your face turned towards the promises, because no matter how brutal the blows life deal, hope continues to sprout abundantly.

Hoop

Hou jou gesig gerig op die beloftes, want, ongeag die brutaliteit van die slae, spruit hoop oorvloedig voort.

Standard
Illustrated, Verse

Reigenoot : Companion

In melewing met Mariana Louw wat ‘n Reisgenoot in eie boesem huisves.

Reisgenoot 1

Eerste uitgawe 7 September 2013 : intensiteit draaglik

Moet seker groet as jy oudergewoonte

ontydig en ongenooid verskyn, eerder wegkyk asof jy sou wyk,

jou geneul ingnoreer, eer jy almiskie verdwyn.

Besig wees met lekkerder as jy, laat jou foltering genadiglik kwyn.

Asof jy leef kry jy dimensie en karakter met tyd, nes wyn.

Jy ry saam, ons ken jou naam, dis :” pyn.”

Grip 
When companion arrives
Greep
Wanneer reisgenoot aankom
Greep

Reisgenoot 2

Tweede uitgawe 2 April 2019 : intensiteit ondraaglik

Jy weet uiteraard as jy desondanks en ongenooid soos tevore opdaag,

die tempeleienaar jou gelate inwag,

jou in ekwilibrium met Sy liefde laat vervaag,

jou stert tussen bene verjaag, 

jou teenwoordigheid ongewens verklaar.

Jy jou hoop op rebellie gedwonge maar laat vaar.

Dank sal jou nie welgeval,

eerder terugdyns, selfs skel,

maar jou torment ongetal

laat mens die drempel hoër optel.

Skoppensboer, my troefkaart

kom uit Nazaret van 4 jaar aldaar.

Buiten Hy met jou ‘n gelofte sou sluit,

Carte blanche, maar dood is uit.

Standard

Dawid smag na ‘n bevestiging van God se guns, die soet water van die put in Bethlehem wat onder beleg van die vyand was.

Dawid se krygsmanne Saturday, 19 September 2020 16:35

2 Samuel 23:13–17  

Dawid sit in sy grot en wonder :”Hoe Sal ek ooit weer…?”

Hy verwoord sy hoop met : “..soet water uit die put in die poort van Bethlehem drink”

Sy drie dapper krygers breek deur vyandige linies, maak ‘n lamsak vol water en breek terug om dit na Dawid te vat.

Daar was ander water in die omgewing,

Dawid wou weer in Bethlehem wees om uit die put daar te drink, die vyand verjaag en uit sy eie put se soet water drink.

Sy manne wys hom, ons kan wen, sal wen.

Dis God se teken van Sy guns vir Dawid.

So breek ons hier deur die linies, sien Sy guns gestalte kry, pak die kleertjies uit en maak reg om weer aan’t oefen te gaan want Hy het die stukkende goed heel gemaak.

Ons drink van die Bethlehem put se water.

Illustrated, Story

Dawid se krygers

We sometimes long for a demonstration of the favor of God.
David felt lonely and foresaken, he needed a sign, for our sakes too…

Image
Verse

Ideologie

Actions are determined by ideology
Lies are indebted to truth and invariably has to be settled, paid in full.

Image
Verse

Hemelvaart 2020

My Nasaret-maat van kindsbeen af kondig op ‘n dag, so word vertel, aan hy gaan hemel, na sy pa toe.

Gelukkig laat dié hom toe om sy teenwoordigheid op ons los te laat so ons nie alleen hoef te wees nie.

Dankie, baie dankie, nou kan ons olraait wees.

Standard