Illustrated, Story

Tarentaal “Finial D’arbre”

Kersmaal 1972

Met sy aankoms op Berlyn, die een op Letsitele, nie Duitsland nie, vind Viljee die plek verlate, dis hy, net hy alleen hier.

Die verhaal speel af in Desember 1972, met Viljee wat aanmeld vir diens in Maruveni distrik, Gazankulu.

Platsak van varsity af raak dit, toe hy daar aankom, vir hom duidelik, dis hier waar hy en hy alleen die Kersfees gaan deurbrinng, buiten as iemand hom per toeval hier kom red.

Soos die feesdae al nader kom, groei die onrus en grom sy maag al hoe meer, vir meer as lemoene, mangoes en papajas.

Sy gevroetel in die stoor vir haelgeweerpatrone om iets geskiet te kry, lewer ‘n enkele .22 patroontjie op.

Halfhartig oor sy kans, maar op aandrang van sy leë maag, teken hy die .22 saloentjie uit.

Hy sal maar later moet verduidelik wat die ongedierte was wat vankant gemaak moes word.

Teen laatmiddag op ou Kersdag sê sy benoude binnegoed:”niemand kom jou haal nie ou maat.” So gebeur dit dan dat hy, met die saloentjie onner die arm, koers kry, die veld in op soek na ‘n hoofgereg vir die Kersmaal

Die veld is in mid-somer glorie gehul, als blom.

Die Here se Tambotie krismisbome is oortrek vir die Kerstyd met rooiblaartippies.

Bo-op ene, soos ‘n wafferse Krimisster, sit tarentaal se kind afgeëts teen die sonsondergang.

“Ai toggie Here, verskoon dat ek jou Krismisboom-ster wil afmaai, maar ek’s honger.”: sê hy.

Met die haelpatroon tekort haper daar skielik al meer, een skoot met die saloentjie voel na ‘n skraal kans, maar hier gaat hy.

Daar was destyds nie selfone, videos en YouTube nie, die Here moes seker met amper iets soos ‘n potgooi gepraat het.

“Gabriël”: hoor mens Hom sê:” Daai Viljee skiet nog regsom, Hy gaan vir seker misskiet. Stuur iemand om te help”

Die skoot klap, daar daal ‘n stilte neer, tarentaal verstar, sit doodstil en toe, asof in stadige aksie, tuimel hy ter aarde.

Viljee se hart klop in sy keel, het hom!? Dit klink amper te goed om waar te wees.

Twee pote tussen die linkerhand se vingers vasgeklem dra hy tarentaal se kind trug huis-toe.

Tuisgekom, op soek na hout vir die feesmaal-vuurtjie, kom hy op Masuku af, hy is op wag vanaand, sy vuurtjie kletter al.

“Wat daarvan ons deel die vuurtjie en daai pap van jou?”: vra hy.

“Ek gaan vrugte pluk en sommer op die wenakker marog kry, dan maak ons in die driepoot kos”

Op pad trug roep Masuku benoud:”kom kyk hier, kyk, hy is dood.”

“Ja hy moet dood wees anders kan ons hom mos nie eet nie”

Hy lig die veerlose tarentaal op en wys die hele lyf deur: “nie ‘n merk nie, hy bloei nie.”

“Sny af sy keel dat hy bloei man, ek het hom geskiet, njannies”

Vars, warm bloed beaam die storie.

Die potgooi praat:

“Hoe het julle gemaak?”

“Sjoe ons was amper laat, dit was toe mis, maar toe skiet ons hom so met die middelvinger teen die kop”: beduie Gabriël en knipoog.

In die driepoot prut die Tarentaal Finial d’abre

Pap en marog met velduitjies wag.

Vrugteslaai van Papaja, mango en lietsjies met ‘n lemoen en grinadella sous gaan die laaste leë kol volmaak.

Hulle tjeers met pynappelbier in regte glase.

Stille nag, Heilige nag, alles rus, eensaam wag…..

Die potgooi stem dreun effens gebelgd in die agtergrond:“Laat iemand hom tog net kry om linksom te begin skiet”

Standard

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s