Verse

Poseidon

Die under aged pampoenboer en Priai de Xai-Xai (circa 1969)

‘n Handvol Tokkelokke en diè se meisiekinders vat vir Kiewiet saam op ‘n duikavontuur by Priai de Xai-Xai in Mosambiek.

Dit duik en skiet vis aan die binnekant van die rif, so twee honderd of wat meter die Mosambiekkanaal in.

Die rif breek wyd oop om die see en sy opbrengs in te laat swem soos hy vol stoot.

Jy moet wegbly wanneer hy omdraai, want dan sleur hy weer alles trug wat hy vaneffe ingestoot het.

Tokkelokke en hul meisiekinders drentel op die rif rond terwyl die see leegsuig.

Mede-duikermense doen saam.

Kiewiet duik en krap tussen rotse in die water teen die rif rond, langs die oop bek van die see in die rif.

‘n Groot brander breek oor die rif en skuim strandwaarts. Hy suig met reëlmaat holkieste terug.

In die water by die rif sweef daar meteens ‘n gedaante geruisloos teen die spoed van ‘n gedagteflitse by Kiewiet verby, die gapende bek in. Tot sy naam byval, noem ons hom Buurman.

Kiewiet steek sy kop bo die water uit, Buurman syg weg, al skreeuend die Mosambiekkanaal in.

Sy mense op die rif gooi hul arms die lug in en roep:”Here wees ons genadig”.

Die Tokkelokke staan geboë hoofde, eerbiedig, rigtingloos, onwillig en rondtrippel.

“Ons slaan ons oë af na waartoe:waar sal ons hulp vandaan kom?”

Evangelisasie 101, hoe om ‘n siel te red, eindig kort van hoe om ‘n lewe te red.

Kiewiet gee sy Nasaret maat net een kyk en sommer so sonder liksens vir siele red, vir lewe, vir mouters of drank en sigerets gooi hy sy duikgoed aan wal, kyk in Hannapat se tiergeel oë met bang agterin en swem die stroom in, buurman tegemoet.

Hy sweef soos in ‘n droom, zoom uit soos ‘n telefoto-lens, mense word in ‘n oogwink.spikkels op die rif.

Aangekom,gryp Buurman Kiewiet styf om sy kop vas, “moenie worrie nie, ek sal jou nie klou nie”:sê hy, al klouend.

In sy oë sien mens hy het reeds nou, in sy prulle jeug, op die wieke van ‘n sleurstroom in die priai de xai-xai, die annerkant sien aankom. Hy was nog nie lus vir deurstap nie.

Buurman wou nog minder as dood ook nie verder duik nie, hy het sy duikbril, snorkel, kuitmes en een paddavoet reeds afgekry om te begin om op te hou met die swem-ding.

Toe Kiewiet aankom, laat hy hom toe om te klou, maar ophou met die uittrekkery.

Met sy een arm losgewoel, begin hy al met stroom langs, skuins uit hom uit paddavoet-swem.

Hulle werk hom so geleidelik om en sommer so skielik soos in, is hulle uit en begin ry op die deining terug rif toe in die verte.

Diep onder hulle stamp Poseidon buierig met sy vurk op die bodem.

In die trofeekas wat voor hom gereedgemaak staan, is daar ‘n duikbril, ‘n snorkel, ‘n kuitmes en een linker-paddavoet. Die stoeltjie waarop Buurman bleekgesig moes sit is koddiglik leeg.

Op die rif gryp buurman se mense hom al juigend en dra hom kamp toe, die Here het gehoor. Niemand het hulle ooit weer gesien of van hulle gehoor nie.

Die Tokkelokke was stemming en stil, niemand praat oor die indsident nie en het ook nooit weer daarna nie.

Hulle was seker in stille bepeinsing, eerbiedig en in verwondering oor hoe hulle deur gebed en met Evangelisasie 101, ‘n siel kon red.

Hannapat se tiergeel oë lyk teleurgesteld, dalk selfs verontwaardig?

Kiewiet wonder oor die liksens ding, oor wanneer hy oud genoeg kan word en vêr genoeg kan leer om ook te mag bid vir sonde en vir siele.

As Hy weer kom, as Hy weer kom, kom haal Hy sy pêrels….

Standard

2 thoughts on “Poseidon

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s