
Geheue
Dimensie, Demensie, da, dam
..ek sou wou as ek anders kan…..
Was dit tog, heelaas, wat mens met maatband meet.
Skreiend, eer wat onthou moes word,
nou om nie te weet.
Gedagtes verteer deur die vuur van vergeet.
Jyself die brandhout op die stapel.
Trane sis op bloedrooi kole,
aangevuur deur wat eens weet was,
nou die bewustheid van vergeet.
Verwronge in die golwe
dansend bo die hitte van die vuur,
herinneringe van wat was,
lê nou in die wit van as.